VIDEO: Simoné Pretorius deel fopspeen 'begrafnis'

VIDEO: Simoné Pretorius deel fopspeen 'begrafnis'

Dis nie iets wat mens gereeld op sosiale media sien nie!

Aktrise Simoné Pretorius deel foto van 'perfekte' Jamie
Instagram/ Skermgreep

Kinders grootmaak is nie speletjies nie.

Behalwe wanneer dit is.

Daar is baie verskillende groei fases waardeur mens met kinders gaan.

KYK: Aktrise Simoné Pretorius deel eerste foto van 'perfekte' Jamie

Dit bring ouers soveel geluk as hulle babatjies begin staan, loop en praat, maar daar is groeipyne ook.

Dis nie altyd maklik vir die kleintjies om ontslae te raak van goed waaraan hulle baie geheg geraak het nie.

Een ding wat baie ouers mee sukkel is die fopspeen ("dummy").

LISTEN: Roz talks about solving school drama

Aktrise Simoné Pretorius en haar man Andries, het onlangs aan 'n slim idee gedink om hulle dogtertjie Harper te help 'opbreek' met haar beliefde fopspeen.

Pretorius het 'n video op Instagram gedeel wat wys hoe die familie 'n gat in die tuin grawe waar die fopspeen begrawe gaan word en Harper kon afskeid neem:

KYK: Oud-Springbok deel babanuus!

In die onderskrif deel Pretorius dat sy die wenk gekry het by 'n ander mamma en dat hulle die hele week vir Harper voorberei het voor die groot dag aangebreek het.

Harper het duidelik die hele situasie goed hanteer alhoewel die belofde van 'n teddiebeer in die toekoms dalk die situasie gehelp het.

Nietemin is hierdie 'n plan wat baie mammas sekerlik sal waardeer.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Simoné Pretorius/Instagram

More on Jacaranda FM


Show's Stories