"Dít is al waarvoor ek bid" - Bieg sanger Willem Botha

"Dít is al waarvoor ek bid" - Bieg sanger Willem Botha

Willem Botha spandeer die nasionale inperkingsperiode in Riversdale - waar hy tyd met sy ouers spandeer op hul plaas. Hy deel sy boodskap van hoop vir Suid-Afrika.

Willem Botha
Verskaf

Duisende Suid-Afrikaners is gedurende die inperking saam hul families, vriende en sekere is alleen. 

Jacaranda FM het saam Willem Botha gesels om te hoor hoe hy die tyd spandeer. Die sanger het ook 'n spesiale boodskap van hoop gedeel. 

LEES: "Jy is letterlik besig om die wêreld te verander" - 'Hotel' aktrise Simoné Nortmann

"Ek is op die plaas in Riversdale. Ek kan nie onthou wanneer laas ek solank op die plaas was nie. Met al die die choas en drama is dit seker die silverlining - ek is verskriliklik dankbaar.

Willem het ook 'n boodskap van aanmoediging gedeel.

"Ek hoop almal cope, ek hoop almal is nog veilig en gesond - dit is al waarvoor ek bid.Ons President doen ongelooflik baie, en ongelooflik goed. Sterkte en ek dink aan jul almal,"  Botha. 

KYK SY SPESIALE BOODSKAP: 

Botha het ook sy 33ste verjaarsdag gevier. "Sjoh, hierdie is verseker die interessanste verjaarsdag nog! Een wat ek nie sommer sal vergeet nie," voeg hy by sy Instagram-foto.

Show's Stories