Is dít Leandie du Randt se nuwe kêrel?

Is dít Leandie du Randt se nuwe kêrel?

Die internet is aan die gons oor 'n foto van Leandie du Randt en 'n onbekende man. Het sy weer liefde gevind? Kyk hier!

Leandie du Randt
Instagram / Leandie du Randt

Die talentvolle aktrise, aanbieder en vervaardiger Leandie du Randt, het verlede jaar in Maart haar egskeiding van Bouwer Bosch aangekondig . 

Du Randt het Woensdag 'n foto op haar sosiale media platforms gedeel van haar en 'n man op 'n eksotiese strand in Mauritius - en dit blyk asof die beeldskone blondekop weer liefde gevind het.  

LEES MEER: 'Ek soek net liefde - ek soek net 'n normale ou' - 'Boer Soek 'n Vrou' se boer Damian

In die Instagram-foto, waar sy gesig weg van die kamera gedraai is, omhels die twee mekaar. “Begin die nuwe jaar reg,” skryf Du Randt onderaan die foto. 

Du Randt het ook die volgende hutswoorde “geliefdes” en “familie” gebruik om die foto te beskryf.

Die foto het al meer as 8000 likes gekry. 

LEES OOK: Cape Town billionaire to get married to Princess Diana's niece

In Desember het Du Randt 'n Instagram-inskrywing gemaak waar sy op die splinternuwe uitgawe van Women's Health SA verskyn het. 

Sy het ook bygeskryf dat 2019 'n uitdagende jaar vir haar was. 

Dink jy Leandie du Randt het weer liefde gevind? 

Show's Stories