'Dames, sê my wat jou naam is' maak steeds groot opslae in Suid-Afrika
Updated | By Scenic Drive with Rian
'Dames' het meer as 2 miljoen kyke op YouTube! Vroeër die jaar, het Biggy met Rian van Heerden gesels oor sy gewilde treffer!

'Dames, sê my wat jou naam is' is nogsteeds besig om Suid-Afrika oorteneem!
Die liedjie gaan oor Biggy wat 'n aantreklike dame in 'n klub ontmoet, en haar dan huistoe neem.
Biggy se debuut-enkelsnit, 'Dames', het vroeër vanjaar die eerste Afrikaanse liedjie geword wat die nommer een posisie bereik het op al die UMGSA-musiekstromingsplatforms.
Biggy is ook die eerste Afrikaanse kunstenaar wat ’n no.1 posisie op Apple Music SA se Top 5 behaal het!
Na die sukses van sy gewilde treffer, het die Scenic Drive-span besluit om Bigge te nooi vir 'n behoorlike kuier!
"Die liedjie is nie eintlik vir kinders nie, maar hulle 'vibe' so kliphard met dit."
"Toe ek matriek voltooi het, was ons by 'n partytjie, en na die kuier stap ons huistoe, en 'n groep meisies stap op ons af - en my vriend sê toe: Dames, sê my wat jou naam is. So het die idee van die liedjie opgekom."
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:
Show's Stories
-
Lightbulb moment: How supermarkets are fooling us
Lights, camera, action. It seems the fresh food section at your supermar...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
Boy's wild gift leaves mom speechless
Life is full of surprises when you are raising boys...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago