"Ek het dit nie verwag nie" - Boer Damian ontvang meeste briewe op 'Boer Soek 'n Vrou'
Updated | By Scenic Drive With Rian
'Boer Soek 'n Vrou' se eerste gay-deelnemer is deel van die top vyf boere nadat hy die meeste briewe van die publiek ontvang het.

'Boer Soek 'n Vrou' is terug met hul nuwe seisoen en die top vyf boere is nou ernstig op soek na liefde!
LEES OOK: 'Boer Soek 'n Vrou' verwelkom eerste gay boer
Die kykNet realiteitsprogram het op vroeër vanjaar geskiedenis gemaak, nadat hul die eerste gay boer op die gewilde program verwelkom het.
Boer Damian (37) is ’n passievolle skaap-en-beesboer van Bapsfontein in Gauteng en is op soek na sy ideale man. Hy beskryf homself as “een met die natuur.”
KYK NA SY INTRO VIDEO HIER:
Op Donderdagaand het aanbieder van die program, Leah die briewe van die publiek uitgedeel en boer Damian het die meeste briewe ontvang.
"Ek het dit nie verwag nie. Ek het soveel boodskappe gekry van mense wat gesê het dat ek nie aan die program moes deelneem nie, omdat my gemeenskap my nie sou ondersteun nie," het die boer Damian aan Leah gesê.
KYK NA DIE OOMBLIK HIER:
Show's Stories
-
LOOK: From wigs to urinals, Uber releases list of lost items
The e-hailing service has shared its 2025 Lost and Found index, which is...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago -
WATCH: New password hack will make your dreams come true
Have you tried using your passwords for manifestation?
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago