Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards

Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards

The Scenic Drive vier Vrouemaand met die herlewing van paar van ons gunsteling-onderhoude!

Shaleen Surtie-Richards
Jacaranda FM

As jy die naam Shaleen Surtie-Richards hoor, dink jy dadelik aan 'Fiela Komoetie van die Langkloof' in die legendariese fliek 'Fiela se Kind.' 

Sy is ook bekend vir haar vertolking as 'Nenna Willemse' in M-Net sepie, 'Egoli.'

Die veteraan aktrise word bestempel as een van Suid-Afrika se mees bekroonde aktrises. 

Met 'n magdom toekennings en benoemings agter haar naam, bieg Surtie-Richards dat sy tans verskeie uitdagings in die gesig staar.

LEES OOK: 'I'm giving South Africa another Rugby World Cup Anthem' - Legendary singer PJ Powers

Surtie-Richards het die Scenic Drive-span besoek om, onder ander, opinie te lig oor die nuwe weergawe, 'Fiela se Kind' wat later vanjaar vrygestel word.  

Alhoewel sy die weergawe van die fliek voorspoed toewens, meen Surtie-Richards dat Suid-Afrikaaners vir altyd haar gaan onthou as Benjamin Komoetie se moeder.

"Ek is die enigste Fiela Komoetie, en dit is dit. Fiela is tydloos," het Surtie-Richards aan Rian gesê.

Zenobia Kloppers vertolk die karakter van Fiela wat vanaf September in teaters gaan begin draa.

Sy het ook openlik met Rian gesels oor haar finasiële stryd. 

"Ek kry verskriklik swaar," bieg sy. 

Sy deel ook van haar gunsteling-ikoniese-karakters wat sy al vertolk het. 

Watter Sharleen Surtie-Richards-karakter is jou gunsteling?

Show's Stories