EKSKLUSIEF: '7de Laan' se 'Evelina' deel gewilde niertjie-resep

EKSKLUSIEF: '7de Laan' se 'Evelina' deel gewilde niertjie-resep

Kykers van die gewilde SABC2-sepie hoef nie meer te wonder hoe 'Evelina' lyk nie. Nou, ná 22 jaar, kan ons eindelik ’n gesig sit by die huishulp wat vir jare in 'Madel Terreblanche' se herehuis die heerlikste niertjies gemaak het.

Meme Ditshego
Jacaranda FM

Vind 'Evelina' gespeel deur Meme Ditshego, se niertjie-resep hieronder.

Bestanddele

1,5 kg Niertjies

400g Rooi nierbone

¼ Koppie kookolie

1 Groot ui

1 Groot groen soetrissie

1 tl Knoffel/ knoffelsmeer

X3 Lourierblare (Bay leaves)

X3 Steranys

X2 Kaneelstokkie

2 Eetlepels gemaalde komyn

2x Eetlepels tamatiepasta

½ Koppie koljander

X2 tl Harissa spisserye

Metode

Verhit die olie.

Voeg die uie, soetrissie, knoffel, lourierblare, steranys, komyn en kaneelstokkies by en soteer tot gaar.

Voeg die skoongemaakte niere by, braai en laat prut vir sowat 20 min.

Voeg die tamatiepasta met 250ml water by en laat kook vir 20 min.

Voeg die gedreineerde rooi nierboontjies by en kook vir nog 5 min.

Voeg grofgekapte koljander by aan die einde van die kookproses.

Geur na smaak.

Sit voor met gegeurde rys.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

More From Jacaranda FM


Foto: Verskaf

Show's Stories