eNCA sê vaarwel aan die bekende eNuus-ankerman Freek Robinson

eNCA sê vaarwel aan die bekende eNuus-ankerman Freek Robinson

Ná ’n merkwaardige en dinamiese loopbaan in die TV- en radiojoernalistiek, wat strek oor 45 jaar, kondig eNCA vandag die aftrede aan van die veteraanjoernalis en e-Nuus-ankeraanbieder, Freek Robinson.

Freek Robinson
Verskaf/ kykNET

Freek het by eNuus aangesluit in Julie 2010 en was vir byna ’n dekade deel van die eNuus-span op kykNET en kykNET&kie. 

“Met sy jare lange ondervinding, sy kalm geaardheid en sy waardevolle insae in die Afrikaanse TV-nuusgehoor het Freek ’n onskatbare bydrae tot eNuus gemaak. “Ek wil graag my opregte dank aan hom betuig vir sy uitsonderlike bydrae tot eNuus, die Suid-Afrikaanse joernalistiek en die lewens van duisende landsburgers,” sê die eNuus-redakteur, Paul Dunn. “Namens e.tv en die hele eNuus-span wil ek ook vir Freek bedank vir sy volgehoue toewyding.”

Regisseur M-Net: KykNET-Karen Meiring, het gesê oor die anker se vetrek, “Baie dankie, Freek, dat jy meer as net ’n nuusleser vir ons kykNET-kykers was.  Jy is ’n ikoon wat groot respek met ’n onberispelike loopbaan verdien het. Ons wens jou alles van die beste toe vir ’n opwindende nuwe lewensfase, maar ons sal jou professionele teenwoordigheid en gravitas mis.” Freek se vertrek sal beslis ‘n merk in die harte van baie Suid-Afrikaners laat.

"Ek is dankbaar dat ek kon verslag doen oor gebeure tydens apartheid, die oorgang na demokrasie en die ontwikkeling daarvan oor die afgelope 26 jaar. Vir my was die hoogtepunt van my loopbaan toe ek die geleentheid gehad het om die debat tussen Nelson Mandela en FW de Klerk voor die 1994-verkiesing te fasiliteer. Maar die klein heldedade van gewone Suid-Afrikaners het ook ’n onuitwisbare indruk op my gemaak,” het Robinson bygevoeg.

eNCA wens Freek wel, vir die volgende hoofstuk van sy lewe.

eNuus word elke aand om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. 

 

Show's Stories