Etiketghoeroe Emsie Schoeman se wenke vir goeie tafelmaniere

Etiketghoeroe Emsie Schoeman se wenke vir goeie tafelmaniere

Gaan jy binnekort op 'n romantiese afspraak of besigheidsete? Suid-Afrika se ikoniese etiketghoeroe Emsie Schoeman deel goeie tafelmaniere. 

Emsie Schoeman
Jacaranda FM

Daagliks gaan ons op besigheidsetes en romantiese afsprake met vreemdes, en ons tafelmaniere speel steeds 'n groot rol. 

Volgens die ikoniese etiketghoeroe, Emsie Schoeman is goeie tafelmaniere steeds hoogmode. 

LEES: "Dolla móés gaan" - Margit groet Dowwe Dolla na twee dekades

In April, het die Ambassadeur van Denemarke, Tobias Elling Rehfeld die Scenic Drive-span besoek. Na 'n lekker kuier en onderhoud, het die ambassadeur die span genooi vir middagete. 

Die span het besluit om Emsie Schoeman te vra vir hulp oor goeie tafelmaniere. 

LEES: Is jou restaurant in die sop? kykNET se nuwe realiteitsreeks kan dalk jou eetplek help

Schoeman het deur die jare gedeel dat elmboë op die tafel steeds taboe is. Sy het ook gedeel dat as jy klaar geeët is, plaas jou servet langs jou bord en sit jou mes en vurk netjies langs mekaar neer.

Hierdie is die basiese tafelmaniere waarin Schoeman glo. 

LEES: Simoné deel oulike foto's van haar Harper

Wat is daar nog wat ons kan leer van die etiketkenner? Sy deel haar wenke met die span. 

"As jy nie seker is oor watter vurk om te gebruik nie, wag tot die gasheer of gasvrou begin eet. As dit 'n lang tafel is, praat eers met die persoon aan jou regterkant, en dan aan jou linkerkant. As dit 'n ronde tafel is, loop om die tafel en stel jou self voor." 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Facebook/ Emsie Schoeman

Show's Stories