FOTO: Aktrise Simoné Pretorius se Harper is gebore
Updated | By Scenic Drive With Rian
Aktrise Simoné Pretorius het 'n foto van baba Harper Harvest gedeel.

In Oktober het die gewilde aktrise, Simoné Pretorius aangekondig dat sy swanger is met haar eersteling.
"My swangerskap is my grootste geskenk hierdie jaar. Ons het nie gedink ons sou so vinnig swanger raak nie, so ons dogtertjie is ons grootste geskenk. Ek raak sommer emosioneel. Ons is só dankbaar en só opgewonde oor haar koms," het Simoné in Desember aan Jacaranda FM genoem.
LEES: "Ons dogtertjie is ons grootste geskenk" - Simoné Pretorius oor haar swangerskap
In April, het Simoné en haar man, Andries, nóg opwindende nuus gedeel. Die glanspaartjie het hul eersteling se naam met aanhangers op Instagram gedeel.
"Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie, Harper Harvest Pretorius," het Simoné geskryf.
LEES: Simoné en Andries deel babanaam met aanhangers
Die naam beteken "'n Instrument in God se hande".
Donderdag het Pretorius 'n foto van Harper gedeel.
Baba Harper is Maandagmiddag gebore.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Instagram/ Simoné Pretorius
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago