FOTO'S: 'Binnelanders'-akteur is verloof!
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die aantreklike Emmanual Castis, wat tans die rol van Sergio de Freitas vertolk in 'Binnelanders' is verloof!
Die akteur, Emmanuel Castis het onlangs die rol van Sergio de Freitas in die gewilde kykNET-sepie, 'Binnelanders' begin vertolk.
LEES: Legendariese Sonja Herholdt maak gereed vir heel eerste aanlynkonsert
Castis het onlangs verloof geraak aan sy meisie, Sharlene Economou. Castis het die opwindende nuus op sosiale media gedeel. ""She said yes," het hy op die Instagram-plasing geskryf.
Kyk na die foto's hieronder:
View this post on InstagramShe said yes! Does she know what she’s in for?!? Yay!!!!! Now I can call @sharleneeconomou my fiancé
A post shared by Emmanuel Castis (@emmanuel_castis) on
Sy karakter op 'Binnelanders' is 'n dokter wat spesialiseer in trauma - en is baie meer gefokus op taktiese mediese opleiding.
LEES: Scheepers-familie van 'Kwarantyn' dans op gewilde 'Jerusalema'-liedjie
Castis besoek 'Binneland Kliniek' om 'n kursus aan te bied om die dokters gereed te maak om hierdie tegnieke in die veld toe te pas. Ironies genoeg het Sergio met sy eie trauma na Pretoria gekom, want hy is eintlik op soek na die man wat hy glo sy ma tydens die Angolese oorlog vermoor het.
Sergio het 'n teorie in sy kop dat die skuldige party Okkie Ferreira is (gespeel deur Ben Kruger), en hy is soos 'n wilde hond wat 'n bloedspoor volg - en hy vertrek nie totdat hy die antwoorde het nie.
Castis het onlangs met die Scenic Drive heiroor gesels. Luister na die onderhoud hieronder:
Show's Stories
-
Emmy winners in key categories
The 78th Emmy Awards saw 'Widow’s Bay' dominate the night with 1…
Breakfast with Martin Bester 4 hours ago -
Céline Dion returns to stage for the first time in six years
"I made a promise to come back, to be back on stage."
Breakfast with Martin Bester 1 day, 2 hours ago