'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins binnekort in fliek met Leandie du Randt
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou', Marciel Hopkins en die 'Meisies Wat Fluit'-aktrise, Leandie du Randt is tans besig om saam 'n Afrikaanse-fliek te skiet.

Op Woensdag, het die aanbieder en internasionale model en, Marciel Hopkins én entrepreneur en aktrise, Leandie du Randt het foto's op sosiale media gedeel dat hul saam in 'n Afrikaanse-fliek gaan speel.
Op die plasing het Leandie du Randt, wat in die nuwe fliek, 'Meisies Wat Fluit' verskyn, het Hopkins as 'n "lieflike mens" beskryf.
LEES: FOTO'S: 'Binnelanders'-akteur is verloof!
Hopkins, die nuwe aanbieder van kykNET se 'Boer Soek 'n Vrou', het in 'n ander Instagram plasing ook haar opgewondeheid gedeel.
"Dit is 'n GROOT voorreg en ek is crazy opgewonde oor die nuwe avontuur wat voorlê."
Hopkins gesels met Dean Paulse.
"Dit is ongelooflik om saam met Leandie te werk. Dit is mense met baie ervaring. Ek voel so tuis en welkom. Leandie het baie van haar wysheid met my gedeel.
"Ek wil meer TV-werk doen en dit is die rigting wat ek wil volg."
Hopkins skiet beide 'Boer Soek 'n Vrou' en haar nuwe fliek op dieselfde tyd, "dit is 'n lekker uitdaging," het sy bygevoeg.


Show's Stories
-
Dad teaches us why you shouldn't tempt fate with a baby
This one is for the fathers who take the time to play with their babies...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 9 hours ago -
Father's Day Pup Walk for the Dads
The perfect day out to celebrate Dad and your pooch...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 10 hours ago