FOTO'S: 'Fynskrif' se Edwin van der Walt raak verloof op strand

FOTO'S: 'Fynskrif' se Edwin van der Walt raak verloof op strand

Gewilde akteur, Edwin van der Walt is verloof aan sy meisie, Izel van der Merwe. 

Edwin van der Walt
Instagram/ Marguerite van Eeden

Die gewilde akteur, Edwin van der Walt, wat veral bekend is vir sy rol in die kykNET-dramareeks, 'Fynskrif' as Wian Marais is verloof aan Izel van der Merwe

FOTO'S: Suid-Afrikaanse glanspaartjie verwelkom baba

Op Maandag, het Izel van der Merwe die opwindende nuus aangekondig deur pragtige foto's  van die verlowing op Instagram te deel. Izel, ook 'n talentvolle videograaf, het die Instagram-inskrywings beskryf as 'VERloofde Land'.

Die foto's is deur troufotograaf, Margeurite van Eeden geneem. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto's: Instagram/ Margeurite van Eeden

Show's Stories