'Getroud Met Rugby'-manne sny hare vir kankerbewustheid
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die manne van 'Getroud Met Rugby' het hul hare afgeskeer om bewustheid oor kanker te bevorder.

Mandi du Plooy-Baard wat die rol van Lienkie in 'Getroud Met Rugby' vertolk, het duisende kykers se hartsnare geroer toe sy haar hare afgeskeer het, nadat haar karakter met pankreaskanker fase vier gediagnoseer is.
Die storielyn het duisende kykers aangeraak, en dit het ook nodige bewustheid oor kanker wakker gemaak.
LEES: Aktrise Simoné Pretorius deel nóg groot babanuus
"Die afgelope paar maande was beslis ‘n emosionele rollercoaster. Aan elke persoon wat hierdie seerste seer kanker pad loop, of geloop het - baie baie liefde vir julle," het Du Plooy-Baard op Instagram gedeel.
Na afloop van hierdie oomblik, het die Stryders-rugbyspelers ook hul hare afgeskeer as 'n daad van ondersteuning vir mense wat veg teen kanker.
"Dankie aan elke akteur wat kans gesien het hiervoor. Dis 'n eer om deel van so groot, en belangrike storielyn te wees!" het 'Getroud Met Rugby' op Instagram gedeel.
Show's Stories
-
Dad teaches us why you shouldn't tempt fate with a baby
This one is for the fathers who take the time to play with their babies...
The Workzone with Alex Jay 22 hours ago -
Father's Day Pup Walk for the Dads
The perfect day out to celebrate Dad and your pooch...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 22 hours ago