'Getroud Met Rugby'-manne sny hare vir kankerbewustheid
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die manne van 'Getroud Met Rugby' het hul hare afgeskeer om bewustheid oor kanker te bevorder.
Mandi du Plooy-Baard wat die rol van Lienkie in 'Getroud Met Rugby' vertolk, het duisende kykers se hartsnare geroer toe sy haar hare afgeskeer het, nadat haar karakter met pankreaskanker fase vier gediagnoseer is.
Die storielyn het duisende kykers aangeraak, en dit het ook nodige bewustheid oor kanker wakker gemaak.
LEES: Aktrise Simoné Pretorius deel nóg groot babanuus
"Die afgelope paar maande was beslis ‘n emosionele rollercoaster. Aan elke persoon wat hierdie seerste seer kanker pad loop, of geloop het - baie baie liefde vir julle," het Du Plooy-Baard op Instagram gedeel.
Na afloop van hierdie oomblik, het die Stryders-rugbyspelers ook hul hare afgeskeer as 'n daad van ondersteuning vir mense wat veg teen kanker.
"Dankie aan elke akteur wat kans gesien het hiervoor. Dis 'n eer om deel van so groot, en belangrike storielyn te wees!" het 'Getroud Met Rugby' op Instagram gedeel.
Show's Stories
-
Stephanie Baartman sing Amy Winehouse-treffer op Friday Live
Die sanger en aktrise Stephanie Baartman het Amy Winehouse se 'Valerie' ...
Breakfast with Martin Bester 4 hours ago -
Cruise control: 'Top Gun 3' officially in the works
If you still feel the need for speed, Paramount Pictures has good news f...
Breakfast with Martin Bester 6 hours ago