Ina Bonnette reg vir nuwe hoofstuk na wreedaardige aanval

Ina Bonnette reg vir nuwe hoofstuk na wreedaardige aanval

In 2015, het Ina Bonnette met Rian van Heerden gesels oor haar wreedaardige aanval en die dood van haar seun. Na amper ses jaar is sy terug met 'n splinternuwe boek van genade en genesing. 

Ina Bonnette
Jacaranda FM/ Rian van Heerden & Ina Bonnette

Op 3 Januarie 2012 het Ina Bonnette se lewe vir ewig verander. 

Johan Kotzé, Andries Sithole, Pieta Mohlake en Sello Mphaka het Ina Bonnette in Kotzé, haar eksman, se huis op Modimolle aangeval en gemartel. 

Haar seun op dieselfde dag doodgeskiet. 

Die sogenaamde Modimolle Monster en alle medebeskuldigdes is skuldig bevind aan ontvoering en die bendeverkragting van Ina Bonette.

 Kotzé en medebeskuldigde Andries Sithole is in die Noord-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Bonnette se seun, Conrad op 15 Julie 2013 in Pretoria. 

Vandag is Ina Bonnette 'n simbool van krag en oorlewing. Sy leef 'n boodskap van hoop, genesing en triomf deur middel van motiveringspraatjies. Sy herinner mense daaraan dat ons almal 'n keuse het om op te staan, die wêreld in die oë te kyk en te oorleef.

Haar splinternuwe boek, is 'Ina Bonnette: Verhaal Van Genade En Genesing' se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het.

Die boek is die merkwaardige verhaal van 'n oorwinnaar, 'n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Sy moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.

Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

Kyk na haar 2015 onderhoud met Rian van Heerden hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories