Juanita du Plessis spog met 'n splinternuwe liedjie op die Scenic Drive na vyf jaar!

Juanita du Plessis spog met 'n splinternuwe liedjie op die Scenic Drive na vyf jaar!

Die legendariese Afrikaanse sanger Juanita du Plessis het haar splinternuwe enkelsnit 'Maak Dit Los' op die Scenic Drive bekend gestel. 

Juanita du Plessis
Jacaranda FM / Dean Paulse

Na vyf jaar, en ‘n uiters suksesvolle dubbel platinum album “Toe Staan Die Wêreld Stil” is Juanita du Plessis reg om weer ‘n oorspronklike solo album vry te stel. 

LEES MEER: 'Ek soek net liefde - ek soek net 'n normale ou' - 'Boer Soek 'n Vrou' se boer Damian

“Maak Dit Los!” is die eerste enkelsnit van hierdie langverwagte album, en blyk om ongetwyfeld die amptelike somer treffer vir 2019 te wees.

Die musiek video saai eksklusief uit op kykNET NOU Kraakvars hierdie Woensdag aand 11 Desember om 20h00. Waarna die enkelsnit Donderdag 12 Desember beskikbaar is op alle digitale platvorms.

Die legendariese sanger het saam die Scenic Drive-span gesels. 

"Ek vier my 20 jaar in die musiekbedryf en ek is reg vir my volgende 20 jaar. As ek vertonings doen voel dit asof ek saam vriende is en nie saam fans is nie."

"My splinternuwe enkelsnit is 'n somer liedjie. Dit is vrolik. Dit is 'n goedvoel liedjie." 

“Dit is tyd vir ‘n nuwe seisoen en ek is reg vir ‘n nuwe hoofstuk in my lewe” sê Juanita.

Show's Stories