Kurt Darren onthou 'Die Goeie Ou Dae'

Kurt Darren onthou 'Die Goeie Ou Dae'

Gewilde Afrikaanse sanger, Kurt Darren onthou 'die goeie ou dae' met 'n splinternuwe enkelsnit. 

Kurt Darren
Jacaranda FM

Nadat Kurt Darren almal aan die dans gekry het met sy hoë energie enkelsnit 'Party Tyd' wat vroër vanjaar vrygestel is, is hy terug en dit is tyd vir almal om bietjie gesellig rondom die vuur bymekaar te kom en terug te dink aan die Goeie Ou Dae - Kurt se nuutste saamsing treffer!

Of jy nou sit op die strand of kuier in die bosveld, Kurt nooi jou om saam te sing en bietjie te deel oor die lekkerste tye van ons lewens. 

Soms raak mens so opgevang in die hede se probleme en vergeet eintlik van al die goeie ervarings wat jy al met jou naaste kon deel. Of jy raak so besig dat jy nalaat om weer met 'n paar pelle op te vang oor hoe lekker julle saam gelag en te kere gegaan het, terwyl julle dan sommer nuwe herinneringe skep.  

Dit is mos juis wanneer mens net 'n bietjie terug dink en dit so 'n groot glimlag op jou gesig sit, jy skep sommer nuwe herinneringe waarna jy weer kan terugkyk uit die toekoms en sê: "Daai was die goeie ou dae". So, Kurt nooi jou om vandag saam met hom die toekoms se 'Goeie Ou Da'e te skep. Kry jou familie, nooi jou vriende en jou bure. Steek 'n vuurtjie aan en kom ons onthou 'Die Goeie Ou Dae'.

Kurt Darren het met die Scenic Drive-span gekuier en gesels oor sy splinternuwe enkelsnit. 

"'Die Goeie Ou Dae' was in Maart. Die liedjie is vir die hart en siel."

Kyk dit hieronder: 

Show's Stories