KYK: 'Binnelanders'-ster raak verloof op stel

KYK: 'Binnelanders'-ster raak verloof op stel

Aktrise Lindsey Abrahams wat die rol van Chanel Samuels vertolk, is op Woensdag die groot vraag gevra deur haar kêrel, Bongacele. 

Binnelanders Verlowing
Facebook/ Binnelanders

Suid-Afrikaners mag dalk vasgevang wees deur die staat van inperking, maar wanneer dit by liefde kom is daar geen beperking nie. 

Die 'Binnelanders'-aktrise Lindsey Abrahams het Woensday, 22 Julie die grootste verrassing opstel gekry. 

LEES: Ontmoet die 10 boere van 'Boer Soek 'n Vrou'

Haar kêrel, Bongacele (nou verloofde), het haar op stel verras, en aan haar die groot vraag gevra terwyl hulle besig was om te skiet aan die gewilde kykNET-sepie. 

Die spesiale oomblik is deur haar kollegas vasgevang.

"And I said........ He surprised me, it was beautiful. I am loved. Thank you for all the congratulations. And thank you God for a man who loves me, prays for me and cherishes me. A thousand times YES!" het Abrahams op haar Instagram-blad geskryf. 


Vandag het ‘n groot verrassing op die stel van @binnelanderstv plaasgevind. @that_cele_guy het seker gemaak @lindsey_lady_rose sal dié dag nie gou vergeet nie!

Posted by Binnelanders on Wednesday, July 22, 2020

Veels geluk, Lindsey en Bongacele!

Show's Stories