KYK: Die legendariese Sandra Prinsloo gesels oor haar solostuk, 'Spertyd'

KYK: Die legendariese Sandra Prinsloo gesels oor haar solostuk, 'Spertyd'

Die legendariese aktrise Sandra Prinsloo gesels met Rian van Heerden oor haar nuwe solostuk, 'Spertyd'.

Sandra Prinsloo
Verskaf

'Spertyd' deur die ikoniese skrywer Elsa Joubert handel oor die eerlikheid van eensaamheid en afsondering op haar oudag. 

'Spertyd' handel ook oor die belewing van ’n hoë ouderdom, maar die ouderdom is verstrengel met die verhale van vroeër. In die afsluiting van haar lewe is ’n ganse leeftyd opgeneem.

LEES: Simoné en Andries deel babanaam met aanhangers

Sandra Prinsloo
Verskaf

Die begin van die boek handel oor die vertrek van Elsa Joubert na ’n aftreeoord. Dit voel vir haar aanvanklik of sy ’n gevangene in haar kamer is. Sy het haar man Klaas aan die dood afgestaan en sy sien nie kans vir ’n nuwe lewenswyse nie.

LEES: 'Getroud Met Rugby' se David en Christel verwelkom "klein wonderwerkie"

Die verhaal word deur die legendariese Sandra Prinsloo opgevoer in die splinternuwe solo-verhoogstuk wat deur Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan vervaardig is. 

Die dramaturg Philip Rademeyer is ook die reggiseur. 

Sandra Prinsloo het met Rian van Heerden en die Scenic Drive-span gesels oor die solostuk. 

Kyk hieronder: 

Vertonings in die Atterburyteater: 

Op 20 April om 20:00; op 21 April om 10:00 en 20:00; op 22 April om 20:00; op 23 April om 20:00; 24 om 15:00 en 20:00; 25 April om 14:00. 

Kaartjies kos R200 tot R250. Bespreek by seatme.co.za

Elsa Joubert is verlede jaar op die ouderdom van 97 in Kaapstad oorlede. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Show's Stories