Legendariese Sonja Herholdt maak gereed vir heel eerste aanlynkonsert
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die sanger en skrywer, Sonja Herholdt, maak gereed vir haar eerste aanlynkonsert - en ons het al die besonderhede oor hoe jy kan saam kyk.

In 2019, het die Scenic Drive-span die bekroonde sanger en skrywer, Sonja Herholdt vereer vir haar talentvolle jare in die musiekindustrie.
"Wees uniek. Uniekheid is baie belangrik", het Herholdt oor haar loopbaan gesê. Na jare in die industrie, is Herholdt steeds besig om Suid-Afrikaners te vermaak.
LEES: Sonja Herholdt pleit by Suid-Afrikaners om tuis te bly met beeldskone weergawe van ‘Jantjie’
Binnekort sing Herholdt van haar bekendste en gunsteling-liedjies aanlyn. Met haar aanlynkonsert, 'Familiar Favourites' gaan Herholdt liedjies soos 'Jantjie' en 'Ek Verlang Na Jou' sing.
"Die vertoning is meestal akoesties, ontspanne en nostalgies," het Herholdt op haar Facebook-blad gesê.
Nog 5 dae tot die premièr van #FamiliarFavourites my aanlynkonsert. Theo Klassen begelei my op kitaar en ek sing van my...
Posted by Sonja Herholdt on Sunday, August 23, 2020
'n Kaartjie om #FamiliarFavourites te stroom is beskikbaar by Tixsa en die konsert kan enige tyd (of weer) gekyk word vanaf Vrydag 28 Augustus 20:00 - Vrydag 4 September.
Show's Stories
-
WATCH: Kim Kardashian narrowly avoids fashion mishap at Met
You do not want to mess with Kim Kardashian's outfit!
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago -
WATCH: First corgi police dog steals sausage from child
China has welcomed a very special, but somewhat naughty, member into its...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago