Loufi skryf rap-liedjie, 'Armoedig' vir die Scenic Drive

Loufi skryf rap-liedjie, 'Armoedig' vir die Scenic Drive

Een van SA se gewilde kletsrymers, Loufi het 'n spesiale liedjie vir Rian van Heerden en die Scenic Drive-span geskryf en vervaardig.

Loufi
Jacaranda FM/ Loufi & Rian van Heerden

TV-aanbieder en -vervaardiger, en radio-omroeper, Rian van Heerden is alombekend vir sy eerlike opinies oor die dinge van die lewe. En dis ook geen geheim dat Van Heerden ook nie skroom om oor sy moeilike grootwordjare te praat nie. 

Deur die jare, het Van Heerden, asook Philicity Reeken openlik gepraat oor hul kinderdae, asook en die swaarkry wat beide families moes deurmaak. 

FOTO'S: Suid-Afrikaanse glanspaartjie verwelkom baba

Van Heerden se lewe het as inspirasie gedien vir Loufi, 'n bekende Suid-Afrikaanse kletsrymer, se nuwe liedjie. Een wat Loufi sommer self geskryf en vervaardig het. 

Heel gepas is die liedjie 'Armoedig' getiteld.

Loufi het Vrydag met die Scenic Drive-span hieroor gesels. 

Die Scenic Drive-span het ook vir Loufi verras met skoene, 'n t-hemp en nog meer bederfies. 

'Armoedig' is op alle digitale platforms beskikbaar.

Vind die lirieke hieronder: 

Hjell ek voelit.

Om arm te wees is sometimes nie so bad nie.

Dis cool

Ons like dit man


 Reality is ek is armoedig

So ek doen dai arm goedte

Hand out hempies en my arm skoene

Ek maak dat arm cool is

 

Reality is ons is armoedig

So ons doen dai arm goedte

Hand out hempies en my arm skoene

Ons maak dat arm cool is

 

Ek hang ons tea bags op met pegs

Dat ons more weer kan het

By my ryk vriende wil ek niks se nie

Mar rerig peanutbuter en jam op een broodtjie joh by my mag jyni altwee het nie

 

Ons was ons klere meti hand

Ini sele water wat ons in bad

Die melk vir my koffie kom yt my pap

En as ek mors word ek geklap

 

Ek kom yt niks so dis cool

So ek appreciate nou die goed

Wat ek het want ek too

Kan relate hoe sukkel voel

Dis no joke

Reality is ek is broke

 

Reality is ons is armoedig

So ons doen dai arm goedte

Hand out hempies en my arm skoene

Ons maak dat arm cool is

 

So laas maand het jy net net rent betaal

Jy worry weer hoe jy die maand gan maak

Jys niks special nie trust me

Nie ees ek en Rian het petrol in onse karre

 

Ons is armoedig

So ons doen dai arm goedte

Hand out hempies en my arm skoene

Ons maak dat arm cool is

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM / Loufi & Rian van Heerden 

Show's Stories