Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck sit vas in Jacaranda FM hysbak

Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck sit vas in Jacaranda FM hysbak

Komediant Marion Holm en aktrise Margit Meyer-Rödenbeck het met Rian gesels oor hul splinternuwe toneelstuk, 'Die Voordele van Eierwit.'

Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck praat oor hul splinternuwe toneelstuk

'Die Voordele van Eierwit' is 'n splinternuwe toneelstuk deur Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck. 

'Die Voordele van Eierwit' is 'n vreemde titel, maar dit laat mense wonder, en dit trek dadelik aandag. 

LEES OOK: 'Lucifer' actress speaks Afrikaans as her demon language in series

Maar waaroor gaan die toneelstuk? Dit gaan oor twee susters wat hul pa se woonstel oppak en word dan vasgevang in 'n hysbak. Na ure se gewag, begin die suster gesels oor die lewe, werk en alle ander dinge. 

So leer ken hulle ook mekaar, en besef dat hulle eintlik baie min van mekaar weet. 

Rian en die Scenic Drive-span het die twee legendariese aktrises genooi vir 'n ietwat ongewone onderhoud. 

Die span het besluit om hul in die Jacaranda FM hysbak te laat vassit, sodat hul werklik kan voel hoe dit voel om vas te sit in 'n hysbak. 

Die voordele van eierwit: 

Kyk… as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.

Daar is ’n duisend dinge… Mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit Borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n Vegan) en pa se woonstel.

Susters wat baie praat, praat die oppervlak so toe dat dit wat regtig pla selde oor gepraat word. Die voordele van eierwit – is die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond is,  maar wat as alles vir ‘n oomblik stop. Wat gebeur dan?

LEES OOK: Ons leer ken vir Mielie Senekal

Marion en Margit was laas saam te sien in ‘n “two hander” in die produksie Jong Dames Dinamiet van Hennie van Greunen in 2003.  Na jare se dreig om weer ‘n produksie saam aan te pak, is dit nou sulke tyd.

 Die produksie word ondersteun deur Nati, LW Hiemstra Trust, Clemengold en Tygervallei Winkelsentrum

VERTONINGS: 

 10, 11 Mei om 20:00 en Sondag (Moedersdag) 12 Mei om 16:00 Mei- Atterbury Teater  

Bespreek by iTICKETS

27 Junie om 19:00; 28 Junie om 09:00; 29 Junie om 14:00- Innibos

Bespreek by Computicket

Begin Julie- Vrystaat Kunstefees

Bespreek by Computicket

9 en 10 Augustus- Kalfiefees

Bespreek by Computicket

13-18 Augustus- Die Boer Teater- Durbanville 021 979 1911


Die Voordele van eierwit
Die voordele van eierwit
FOTO Verskaf: Hans van der Veen

Show's Stories