Martin Bester gesels oor splinternuwe enkelsnit 'Anders'
Updated | By Scenic Drive With Rian
Sanger en aanbieder van Breakfast with Martin Bester op Jacaranda FM gesels oor sy splinternuwe enkelsnit, 'Anders'.

Bester vermaak al vir jare gehore regoor Suid-Afrika, nie net as bekroonde omroeper nie, maar ook as musikant.
In 2019 kon gehore nie genoeg kry van sy treffer 'Konings' nie. Die liedjie het ook die top posisie op die SA Top 20 gehaal.
Dié liedjie was juis geïnspireer deur die nostalgie van vakansies by die see.
LEES: Nataniël gesels oor inperking, nuwe projekte en gewigverlies
Die aanbieder van Breakfast with Martin Bester se splinternuwe enkelsnit, 'Anders' is hier!
Met ’n onderliggende boodskap aan boelies wat so deel is van vandag se samelewing, vertel Bester dat hyself ook nie soos enige iemand anders klink nie - en dat dít juis is hoe hy daarvan hou.
“Ek wil hê my musiek moet so anders wees soos wat ons as mens is, en ek glo ons het met 'Anders' daarin geslaag,” het hy vertel.
TODAY'S THE DAY😎
— Martin Bester (@MartinBester) October 9, 2020
My nuwe tune speel vandag @JacaDrive @jacarandafm en ek praat met @thedannypainter daaroor🙌#anders pic.twitter.com/wEeaJypMmD
Show's Stories
-
Driving instructor uses spiky fruit peel to teach drivers
This is an interesting way of teaching the 10 to 2 steering wheel grasp.
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
SA named Africa's most beautiful country
There's nothing like hearing others recognise your country's beauty...
The Workzone with Alex Jay an hour ago