Mila Guy en David Viviers speel dokter-dokter in 'Binnelanders'

Mila Guy en David Viviers speel dokter-dokter in 'Binnelanders'

Mila Guy en David Viviers gesels oor hul rolle as kandidaat dokters in die kykNET-sepie, 'Binnelanders'. 

Mila Guy & David Viviers
Jacaranda FM

'Zanel 'Zee' Jordaan' en 'Liam Voster' is die twee splinternuwe, maar alreeds bekende, gesigte wat by 'Binnelanders' gevoeg word in 2022. 

LEES: Broer-duo, Droomsindroom, sing oor daardie spesiale sonneblom in die lewe

‘n Paar weke terug het 'Conrad Bester' (Hykie Berg) ‘n internskap-program by die hospitaal van stapel gestuur om die beste kandidaat te vind om in ongevalle te werk - en vier ywerige dokters het aangemeld: 'Zanel 'Zee' Jordaan' (Mila Guy), 'Liam Vorster' (David Viviers), 'Nicolette Nortjé' (Kate Roothman), en 'Elton Cloete' (Solomon Cupido). Maar nou is daar net drie oor - en 'Conrad Bester' moet ‘n groot besluit neem.  

 LEES: Bertus Basson spring wéér in om eetplekke op te kikker in 'In die Sop'

Mila Guy vertolk die rol van 'Zanel 'Zee' Jordaan', ‘n karakter wat ons reeds in 2014 ontmoet het toe sy ‘n au pair gespeel het. Nou is 'Zanel', of soos almal haar noem ‘Zee’, ‘n gekwalifiseerde dokter. Maar dié dokter is bietjie onseker oor waar haar plek in die wêreld is, want sy het ‘n professor gehad wat haar vreeslik afgekraak het. 'Zee' dink, soos wat haar prof haar laat verstaan het, dat sy beter as ‘n kliniese navorser sou vaar as ‘n praktiserende dokter. By Binneland Kliniek, gedurende die internskap-program wat 'Conrad Bester' van stapel stuur, begin sy al hoe meer agterkom dat haar talente dalk meer benut kan word in ongevalle as in ‘n laboratorium. 

LEES: Elvis Blue verruil sy kitaar vir hamers en spykers!

David Viviers speel die rol van 'Liam Vorster', ‘n karakter wat ons verlede jaar ontmoet het toe hy ‘n ossteointergration proses laat doen het by Binneland Kliniek. Liam was in ‘n bergklim-ongeluk in die Drakensberge, en sy regterbeen moes afgesit word onder die knie. 'Annelize Roux' (Cindy Swanepoel) was die een wat dié besluit geneem het, en 'Liam' was vir lank kwaad vir haar. Maar nou is hy ‘n gekwalifiseerde dokter, en hy hoop om sy stempel af te druk in Binneland Kliniek gedurende die internskap-program: hy wil baie graag die werk in ongevalle hê. 

 LEES: Jo Black se kleinboet trou

'Conrad Bester' besluit op Donderdag, 5 Mei, wie die intern is wat permanent deel van Binneland Kliniek gaan word, maar die nuus het reeds uitgelek dat David en Mila die splinternuwe toevoegings tot die 'Binnelanders'-familie is vir 2022. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Jacaranda FM

Show's Stories