Nataniël gesels oor inperking, nuwe projekte en gewigverlies
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die legendariese Nataniël het vroeër die jaar, met die Scenic Drive-span gesels oor sy tyd gedurende inperking, nuwe projekte en gewigverlies.

Nataniël het vanjaar met 'n splinternuwe reeks, 'Toegang' op kykNET teruggekeer.
So stylvol soos altyd en geklee in sy kenmerkende ontwerpersuitrustings, gaan Nataniël met net ‘n opslaankombuis tot sy beskikking kook in plekke waartoe die publiek vir maand geen toegang gehad het nie. En die opslaankombuis? Net ‘n elektriese stoofplaat, twee panne, een pot en ‘n tassie met net die nodigste gereedskap vir nog ‘n smul-maal.
“Dit was wonderlik om toegang te kry tot plekke waar min mense toegelaat word,” sê Nataniël.
Nataniël het ook gesels oor inperking, nuwe projekte en gewigverlies.
LEES: Nataniël kry 'Toegang' tot nuwe reeks
"Vir vier maande het ek niemand gesien nie. Dit was fantasies! Ek het alles self gedoen."
"Deur die inperking was almal op verskillende plekke, en dit het my forseer om alles self te doen. Ek het ook aan nuwe projekte gewerk. Ek hou van werk. Dit is vir my soos speel."
Nataniël het ook genoem dat hy nie 'n baas het nie, so hy kan doen net wat hy wil.
"Ek nodig net twee Provitas, 'n KitKat, 'n halwe avokodo en ek is gelukkig."
Met sy besige skedule het Nataniël ook gewig verloor.
"Ek het elke dag tussen 20km en 30km gestap. Ek het 11kg verloor."
Show's Stories
-
Dare to try this outdoor tilting experience on 75th floor
Would you tilt 296 metres above the ground, from the 75th floor? If you ...
The Workzone with Alex Jay 12 hours ago -
Fun indoor activities to do this weekend at Mall of Africa
If you're looking for some weekend fun but alsowant to be indoors, there...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 12 hours ago