Ontmoet Op My Eish! se twee 'wildcards'

Ontmoet Op My Eish! se twee 'wildcards'

Wat sal Francois Jacobs tog sonder sy wingman doen? Net toe Jacbos onverwags deur een dame gegroet is in die tweede episode van Op My Eish!, het Schalk Bezuidenhout, aanbieder van die program, besluit om sy vriend se aand ’n bietjie beter te maak.

Schalk Bezuidenhout and Francois Jacobs
Verskaf

Terwyl Schalk Bezuidenhout aan die oorblywende dames verduidelik dat Elizna de Waal weens persoonlike redes nie meer aan die reeks kan deelneem nie, het hy sommer in dieselfde asem twee nuwe dames voorgestel! Tot die dames én Francois Jacobs se skok, stap Leyla van Greuning en Nykie Pretorius uit. 

Ontmoet die tweede seisoen se wildcards: 

 Leyla van Greuning (23, Johannesburg, Digitale Bemarker)

Leyla van Greuning Op My Eish!
Verskaf

"In die begin van die jaar het ek besluit dat ek hierdie jaar myself gaan uitdaag om uit my gemaksone te kom, en toe hierdie geleentheid opdaag, toe gryp ek dit aan. Ek is defnitief ’n kansvatter omdat ek die meeste van my lewe wil maak.  Ek wil nie eendag dink ek moes nie, ek wil weet ek hét." 

Shané (Nykie) Pretorius (25, Pretoria, Entrepreneur)

Shane Pretorius Op My Eish!
Verskaf

"Ek was eers onseker toe ek gevra was om op die program te gaan, maar nadat ek met my naaste mense daaroor gepraat het en gebid het dat die Here my sal help om die regte besluit te maak, het ek met sekerheid ja gesê. Alles gebeur tog vir ’n rede!

"Ek was baie op my senuwees voor ons die dames ontmoet het. Mens verwag altyd die ergste en ek het net gedink hoe ek sou voel as die rolle omgeruil was. Ek het net vir myself gesê: “Maak nie saak wat hulle reaksie is nie, dis verstaanbaar,”. Maar tot my verbasing was hulle eintlik baie rustiger as wat ek verwag het.

Skakel elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal) in vir die tweede seisoen van Op My Eish!. Die reeks sal ook op DStv Catchup beskikbaar wees.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories