Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Michélle van Breda

Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Michélle van Breda

Van misdaad- en hofverslaggewer tot redakteur van die grootste glansvrouetydskrif in die land! 

SARIE Redakteur
FOTO Verskaf

Michelle van Breda se deursettingsvermoë, hardewerk en styl het verseker dat sy 'n huishoudelike naam word - en enige vrou se beste vriendin.

Van Breda is die bekroonde redakteur van die grootste glansvrouetydskrif in Suid-Afrika en doen haar werk met haar oë toe - en sommer in hakke!

Sy was in 1990 as Skoonheidsredakteur van SARIE aangestel. In 2001, het sy geskiedenisboeke oorgeskryf toe sy die tweede vrou in die tydskrif se geskiedenis geword het om as redakteur aangestel te word.

'n Paar maande na haar aanstelling word SARIE die Beste Vrouetydskrif in die land.

LEES OOK: Brotherly love: Rian tests the general knowledge of the Spaumer twins

SARIE vier vanjaar haar 70ste verjaardag en die persone agter die pen wil hê jy moet saam vier.

Die redaksie is opsoek na hul elfde SARIE Voorbladgesig. Die kompetisie is in sy negede bestaansjaar.

Van Breda sê meer as 60 000 inskrywings is sedert die bestaan van die kompetisie ontvang.

"So graag wil vroue op die voorblad van SARIE wees," Van Breda.

Rian en die span was veral ook beïndruk met Michelle se styl.

"Klere is só opwindend - kleur en vorm is deel van die lewe se kreatiwiteit," noem van Breda.

Die Scenic Drive beskou haar as 'n groot inspirasie.

Show's Stories