RESEP: Armand Aucamp se gewilde wortelkoek-fudge

RESEP: Armand Aucamp se gewilde wortelkoek-fudge

Die gewilde akteur Armand Aucamp het sy geliefde wortelkoek-fudge resep gedeel! 

Armand Aucamp Fudge
Verskaf

"Die wat my ken, weet hoe mal ek oor speserye is. Ek praat nie van paprika, komyn en borrie nie. Ja, daaroor ook, maar ek praat van die ander soort – die soort wat jou ’n metaforiese drukkie gee. Die Europese winterspeserye – die Duitse koekies, die pampoenspeserye, die wortelkoekspeserye! Ja, gemmer, naeltjies, neut en kaneel. Dit is waarvan drome gemaak word. En dis waarvan hierdie fudge gemaak word."

Bestandele: 

250 g botter 

100 g donkersjokolade (85%- of 90%-kakao)

 ½ k xilitol 

250 g volvet-roomkaas, by kamertemperatuur 

1 t vanieljegeursel 

2 t kaneel 

1 t fyn gemmer 

¼ t neutmuskaat 

’n klein knippie fyn naeltjies (punt van ’n mes) 

50 g pekanneute, gekap 

2 e kakao 

2 e botter

Roomkaasversiersel (OPSIONEEL):

 2 e xilitol 

3 e mediumvet-roomkaas, by kamertemperatuur 

sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

Metode:

1. Smelt die botter en sjokolade saam in ’n pot oor matige hitte. 

2. Voeg die xilitol by en roer saam tot die xilitol heeltemal opgelos het. Plaas eenkant en laat vir 20 minute afkoel. 

3. Plaas die roomkaas in ’n aparte mengbak. Voeg die afgekoelde sjokolademengsel daarby en gebruik ’n handklitser om alles baie goed saam te meng. 

4. Voeg die vanieljegeursel, kaneel, gemmer, neutmuskaat, naeltjies en gekapte neute by en roer goed om te meng. 

5. Sif die kakao by en meng weer goed tot enige klontjies ingemeng is. 

6. Bedek ’n klein bakplaat of bak met bakpapier. Kies ’n bak wat groot genoeg is sodat die fudge ongeveer 2-3 cm dik sal wees. 

7. Gooi die mengsel in die bak en smeer dit gelyk. Plaas in die vrieskas vir 30 minute. 

8. Berei nou die roomkaasversiersel voor, as jy dit gebruik. Plaas die xilitol in ’n voedselverwerker en pols tot ’n poeier vorm. 

9. Plaas die roomkaas in ’n mengbakkie. Voeg die xilitol asook die suurlemoensap en -skil by en meng deeglik saam. Plaas in die yskas om te verkoel. 

10. Sny dit in blokkies en bedien met koffie of rooibostee 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

More From Jacaranda FM


Volg ons op sosiale media: 

Foto: Verskaf

Show's Stories