Is Sean van Noordwyk dalk die volgende 'Boer Soek 'n Vrou' aanbieder?

Is Sean van Noordwyk dalk die volgende 'Boer Soek 'n Vrou' aanbieder?

Is 2020 die jaar vir 'Boer Soek 'n Vrou' se eerste manlike aanbieder? Die Scenic Drive-span vind uit. 

Sean van Noordwyk
Jacaranda FM

Donderdagaand was die laaste episode van 'Boer Soek 'n Vrou' uitgesaai - en die gewilde Afrikaanse sangeres Leah het ook aangekondig dat sy die liefdesprogram met 'n 'swaar hart' verlaat. 

Maar die groot vraag is nou - wie is die volgende aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou?'

Jacaranda FM se digitale-span het luisteraars gevra wie hulle dink die rol goed sal vertolk. Na honderde voorstelle, is die gewildste persoonlikhede Elma Smit, Willem Botha én Sean van Noordwyk

Sean van Noorwyk het ook homself beskikbaar gestel op sy sosiale media platforms en ook redes gegee hoekom hy dink hy sal perfek wees vir die rol. 

Kyk na sy twiet hieronder:

Sean van Noordwyk het met die Scenic Drive-span gesels.

"Ek wil die program aanbied omdat ek weet die beste van liefde - en ek is self opsoek na liefde. 

"Kykers ken my net as Reitz, maar nie as Sean nie. 

"Ek is nie desperaat nie, ek het net 'n saatjie geplant en kykers is besig om dit te water."

Show's Stories