Simoné Pretorius word 30 én JY kan saam vier
Updated | By Scenic Drive With Rian
Aktrise Simoné Pretorius word die naweek 30 én sy wil haar verjaarsdag saam met JOU vier.
Het jy gedurende die nasionale staat van inperking verjaar? Wel as jy het, sal jy sekerlik kan saam stem dat dit dalk nie die beste verjaarsdag was nie.
Die 'Binnelanders'- en 'Hotel'-aktrise Simoné Pretorius vind haarself in dieselfde bootjie. Pretorius het met 'n blink plan voor en dag gekom om haar "inperking verjaarsdag" te vier.
LEES: "Jy is letterlik besig om die wêreld te verander" - 'Hotel' aktrise Simoné Nortmann
Pretorius het besluit om haar verjaarsdag saam met haar aanhangers aanlyn te vier. Met haar '30 LEWENSLESSE VOOR MY 30STE' poog sy ook om ander se verjaarsdae te vier wat dit ongelukkig nie behoorlik kon vier met n groot partytjie nie.
Haar eerste aanlyn praatjie is ‘n eksklusiewe partytjie waar sy 30 dinge deel wat sy voor 30 geleer het! Dit vind plaas op die vooraand van haar 30ste verjaarsdag, 17 Mei!
"Jy koop 'n kaartjie - en dan is dit 'n uur se praatjie. En dit is in die gemak van jou eie huis," Pretorius.
View this post on InstagramA post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on
WANNEER: Sondag
DATUM: 17 Mei
TYD: 18:00
KAARTJIES: SIMONÉ PRETORIUS - 30 LEWENSLESSE VOOR MY 30STE!
So, bespreek jou kaartjie én kuier saam!
Show's Stories
-
Asking For A Friend: Why am I not allowed to date my colleague?
Is it okay to date a colleague?
Breakfast with Martin Bester 18 hours ago -
'Beyond excited' - Leandie Du Randt is ready to take on the challenges of 'Tropika Island Of Treasure'
For actress, entrepreneur and presenter Leandie du Randt, preparing for th…
The Drive with Rob & Roz 20 hours ago