Stiaan Smith, Elani Dekker gesels oor 'Toorbos' - Suid-Afrika se inskrywing vir die 2021 Oscars

Stiaan Smith, Elani Dekker gesels oor 'Toorbos' - Suid-Afrika se inskrywing vir die 2021 Oscars

Die film, wat ’n verwerking is van die bekende skrywer Dalene Matthee se 2003 roman met dieselfde naam, is tans te sien in teaters regoor Suid-Afrika.

Elani Dekker & Stiaan Smith
Jacaranda FM/ Elani Dekker & Stiaan Smith

René van Rooyen se Toorbos is vanjaar Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die hoogs gesogte ‘Best International Feature Film Award’ vir die 93ste Annual Academy Awards in 2021.

LEES OOK: SA lauds 'Jerusalema' producer for MTV Best African Act

Die kompetisie was straf en die Suid-Afrikaanse ‘Academy Awards’ Verkiesingskomitee, bestaande uit professionele persone uit verskeie velde in die waardeketting vir filmvervaardiging, het na verskillende diverse, ryk en unieke inskrywings gekyk vanaf 2 - 5 November 2020 by Nu Metro teaters regoor die land.

René se film het reeds sukses behaal by die Kaapstad Internasionale Mark en Rolprentfees (CTIFMF) waar dit die toekenning vir die ‘Works in Progress (WIP)’ program gewen het. Die film is ook gekies vir die Torino Film Festival in Italië in November 2020. 'Toorbos' is slegs die derde Suid-Afrikaanse inskrywing deur ’n vroulike regisseur vir die Oscars sedert 1989.

'Toorbos' verken die ontworteling van ’n jong bosmeisie tydens die tydperk van die finale bosbewoners in die Suid-Afrikaanse Knysna-bosse van die 1930’s. Die film vertel die verhaal van Karoliena Kapp, ’n sterk vrou se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ’n struikelblok word in haar ondervinding van die man vir wie sy lief is.

KYK DIE LOKPRENT HIER:

Skrywer en regisseur René van Rooyen verduidelik hoe “'Toorbos' die belangrikheid ondersoek, om nie alleenlik 'n balans in die toutrek tussen die manlike en vroulike te vind nie, maar ook die dringende behoefte om ons gebroke wêreld deer middel van ons konneksie met die natuur heel te maak. Die film word nou onder die kollig op 'n globale vlak geplaas, 'n absolute droom het waar geword.”

Akteurs Stiaan Smith, wat die rol van Johannes Stander vertolk en Elani Dekker wat die rol van Karoliena Kapp het met die Scenic Drive-span gesels oor die film, hul rolle en meer.

"My karakter was in die bos, maar hy het toe 'n besigheid begin en die bos verlaat. Hy het die besigheid in Knysna begin," Smith. 

"Toe ons geskiet het, was ek so vier weke in die bos," Dekker. 

Show's Stories