"Vandag is 'n bitter bitter bitter hartseer dag" - Bekendes vereer Vrouekeur-tydskrif

"Vandag is 'n bitter bitter bitter hartseer dag" - Bekendes vereer Vrouekeur-tydskrif

Op Dinsdag, het Vrouekeur die nuus aangekondig dat hul die tydskrif tot verdere kennisgewing sluit.

Vrouekeur
Instagram/ Vrouekeur

"Die afgelope bykans tien jaar as deel van die Vrouekeur-span 'n ervaring was wat geen geld kan koop nie."

Só het Eldaleen Hugo, redakteur van die tydskrif, lesers vir hul ondersteuning oor die jare bedank. Dit volg 'n aankondiging dat tydskrifte by Caxton Magazines (insluitende Vrouekeur) gaan sluit.

LEES OOK: "We are in this together" - Tannie Evita Bezuindenhout

"Baie dankie vir elke boodskap wat ons op alle platforms kry om die Vrouekeur-span in hierdie baie slegte tyd moed in te praat en te ondersteun. Ons is tans nog self in die duister oor presies wat als aan't gebeur is en wat die (baie) nabye toekoms inhou."

Hugo voeg by dat dit haar altyd sal bybly as 'n besonderse tyd in haar lewe saam met besonderse mense.

"Ons kyk tans na moontlikhede om die tydskrif "op eie stoom" te laat voortbestaan, maar dit kan ons net doen as dit 'n deurdagte besluit is en dit finansieël besonder gesonde sin maak en dit hoegenaamd 'n moontlikheid is om te ondersoek - en dis als nog baie tentatief. 

Daar is nog drie Mei-uitgawes in die produksielyn voor die tydskrif moet groet. Die laaste uitgawes word sal op 15 Mei, 22 Mei en 29 Mei op die rakke wees.

View this post on Instagram

Soos julle teen hierdie tyd weet, maak tydskrifte by Caxton Magazines toe (insluitende Vrouekeur). Baie dankie vir elke boodskap wat ons op alle platforms kry om die Vrouekeur-span in hierdie baie slegte tyd moed in te praat en te ondersteun. Ons is tans nog self in die duister oor presies wat als aan't gebeur is en wat die (baie) nabye toekoms inhou. Wat ek wel weet, is dat die afgelope bykans tien jaar as deel van die Vrouekeur-span 'n ervaring was wat geen geld kan koop nie. Dit sal my altyd bybly as 'n besonderse tyd in my lewe saam met besonderse mense.Ons kyk tans na moontlikhede om die tydskrif "op eie stoom" te laat voortbestaan, maar dit kan ons net doen as dit 'n deurdagte besluit is en dit finansieël besonder gesonde sin maak en dit hoegenaamd 'n moontlikheid is om te ondersoek - en dis als nog baie tentatief. Aan elke leser wil ons sê: Baie dankie vir jul lojale ondersteuning deur die jare. Daar is nog drie Mei-uitgawes in die produksielyn voor ons moet groet (15 Mei, 22 Mei en 29 Mei).- Eldaleen Hugo (redakteur)

A post shared by Vrouekeur Tydskrif (@vrouekeur) on


"Vandag is 'n bitter bitter bitter hartseer dag"

Sedert die aankondiging, het talle bekendes en ander die tydskrif vereer vir hul harde werk, tyd en waardevolle leesmateriaal. 

"Ek het vir jare vir hul geskryf - en dit breek my hart," so het Rian van Heerden genoem. Bekendes soos Willem Botha, Altus Theart, Armand Aucamp en Christel van den Berg het boodskappe van dank op hul sosiale platforms gedeel. 

Willem Botha 

View this post on Instagram

Post 1. Vandag is n bitter bitter bitter hartseer dag. Ek probeer regtig altyd positief bly en wees. Maar vandag is my hart seer! Ons is gister ingelig deur die Caxton Tydskrifte-groep dat al hulle tydskrifte, waaronder Vrouekeur val, toe maak en vanaf einde Mei nie meer gedruk sal word nie. Vrouekeur het my van my grootste geleenthede in my lewe gegee en n kans op my gewaag voor enige ander publikasie het. Hulle het vir my deure oop gemaak en my vrye teëls gegee wanneer dit kom om hulle voorblaaie af te neem. Anlie - woorde is te min om dankie te sê vir jou. Jy's klein maar jy't die grootste hart wat ek al ooit gesien het. Dankie vir die beste werks-atmosfeer, cappuccino's en vrugteslaai! Dankie vir die lag, die ma-wees en omgee! Jy's GOUD! Eldaleen - DANKIE dat jy my so vertrou het met jou tydskrif en vir die pad wat ons kon saam stap. Vir jare al! Ek soek jou altyd in my span. Aan elke make-up artist, akteur, kunstenaar en aanbieder saam met wie ek kon werk. Elke shoot was n voorreg en eer. 'n Bucketlist en n pinch-myself-moment! VROUEKEUR! Ek is huilerig vandag want ek gaan my familie mis! Ek is so dankbaar vir julle. En sal altyd hierdie geleentheid waardeer en onthou! Net liefde!!!!

A post shared by Willem Botha (@willembotha) on

Altus Theart

Armand Aucamp 

Christel van den Berg

View this post on Instagram

@vrouekeur Was my heel eerste voorblad waarop ek was toe ek maar 21 jaar oud was. Die nuus dat hul uitgewers besluit het om hul tydskrifte te laat gaan is so ongelooflik hartseer. Dankie @vrouekeur vir die platform en voorreg wat jul my gegee het en vir die ondersteuning van my en soveel ander kunstenaars se beroepe. Julle span was nog altyd tops. Ek bid hard dat daar 'n plan B is wat sal sorg dat julle, en van die ander tydskrifte se paadjies nie eindig nie. 🙏🙏🙏 Ek sou op nog 'n voorblad van julle wees 26 April 2020. En dit was gedurende lockdown toe tydskrifte nie toegelaat was om te print nie. Hopelik kan dit tog eendag die lig sien. Hopelik kan almal hul werk behou. 😭😭😭😭 #vrouekeur #hartseer #onsekeretye @riettevdw

A post shared by Christel van den Bergh (@christelvdbergh) on

Show's Stories