Vanes-Mari du Toit help liefde soek in die nuwe kykNET TV-reeks

Vanes-Mari du Toit help liefde soek in die nuwe kykNET TV-reeks

Liefde vind is nie aldag maklik nie en hierdie nuwe realiteitsformaat bied vir elke moontlike pot die kans om hul deksel eers behoorlik uit die boom te kyk voor hul vir die eerste keer ontmoet. 

Vanes-Mari du Toit
Jacaranda FM

In 'Hoor My, Sien My, Soen My' kry voornemende pasmaats die geleentheid om mekaar beter te leer ken deur ‘n dag saam te spandeer, maar mekaar nooit in lewende lywe te sien nie.

In die reeks, gebaseer op die internasionale treffer-reeks, 'Hear me, love me, see me 'sal deelnemers op ‘n virtuele toe-oog afspraak met drie potensiële pasmaats gaan. Deur middel van die lyfkameras wat die pasmaats dra, sal die deelnemer ‘n blik op elk van hulle lewens kry.

Só leer ken die betrokke partye mekaar en kry die geleentheid om te gesels en te flankeer - sonder om ooit te sien hoe die ander een lyk! Aan die einde van die dag, na drie toe-oog afsprake, besluit die deelnemer met watter pasmaat hy of sy meer tyd wil spandeer. Dan volg die oomblik waar die deelnemer vir die eerste keer die drie pasmaats van aangesig tot aangesig ontmoet.

Vanes-Mari du Toit het met die Scenic Drive-span gesels oor dié nuwe TV-reeks.

"Die reeks gaan ook liefde, mense wat net opsoek is na liefde. Daar is verskillende groep mense, en dit maak die program so opwindend.

"Daar is paartjies was suksesvol was in die reeks, en steeds gelukkig saam is." 

*Die reeks begin die 29ste Januarie 2020 op kykNET.

Show's Stories