Waldimar Pelser: Ontmoet kykNET se nuwe hoof

Waldimar Pelser: Ontmoet kykNET se nuwe hoof

Waldimar Pelser sal vanaf 1 Februarie 2022 die leisels by Karen Meiring oorneem as M-Net Direkteur: kykNET-kanale.

Waldimar Pelser
Jacaranda FM

Waldimar Pelser is reeds geruime tyd ’n gevestigde naam in die Afrikaanse gemeenskap te danke aan onder meer 'In Gesprek', ’n aktualiteitsprogram op kykNET (DStv-kanaal 144) waarvan hy sedert 2013 die aanbieder is.

LEES: FOTO'S: 'Boer Soek 'n Vrou' se Albert is verloof!

Pelser het regte en joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en het  in 2004 ‘n meestersgraad in filosofie aan die Universiteit van Oxford behaal. Hy was onder meer hoof van Media24 se kantoor in Lagos, Nigerië en nuusredakteur van Beeld in Johannesburg. Hy is in 2013 as redakteur van die Sondagkoerant Rapport aangestel.

“As kyker, en later as aanbieder, het ek baie lief geword vir kykNET - ‘n familie van kanale wat soveel in ons Afrikaanse en Suid-Afrikaanse kultuur vind om te vier. Ek bewonder die manier waarop Karen en haar span TV maak wat soveel Afrikaanse kykers laat regop sit, laat lag en soms ook laat huil (ons sit tans vasgenael voor 'Nêrens, Noord-Kaap!'). Dit is ’n groot voorreg om die kans te kry om te help vorm gee aan die stories oor onsself, mekaar en ons land wat ons nog moet en wil vertel,” vertel die nuwe kanaal-hoof.

LEES: Rapport se redakteur Waldimar Pelser gesels oor sy gunsteling-stories

“Dit was ‘n ongelooflike voorreg om by kykNET betrokke te kon wees. Ek is baie trots op die inhoud, kanale en werksgeleenthede wat ons kon skep oor die afgelope 12 jaar. Ek koester die wonderlike geleenthede en die impak wat ons op die bedryf en die Afrikaanse landskap het. Ek is opgewonde oor Waldimar se aanstelling en het geen twyfel dat hy die kykNET familie-kanale na nog hoër hoogtes sal neem.” – Karen Meiring uittrede M-Net Direkteur: kykNET-Kanale

Meiring tree uit na 12 jaar as hoof.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

More From Jacaranda FM


Show's Stories