Wil jy ‘n miljardêr word? Dink dan soos een sê Daniel Strauss.

Wil jy ‘n miljardêr word? Dink dan soos een sê Daniel Strauss

Hoe word jy 'n suksesvolle miljardêr? Entrepreneur en man van voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss gesels oor sy splinternuwe boek, 'Dink Soos 'n Miljardêr'.

Daniel Strauss
Verskaf/ Daniel Strauss

Van DUX-leerling van sy skool op Keimoes, tot suksesvolle entrepreneur. 

Daniel Strauss is ’n waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger groei. Hy het onlangs ook sy eerste selfhelpboek bekendgestel.

LEES: FOTO'S: 'Die Boekklub' se Pietie Beyers is verloof!

Hy is die Strauss in die beleggingsbeheermaatskappy, Stocks & Strauss, en het ’n B.Eng. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. As MBA-gegradueerde, tree Daniel gereeld op as gasdosent vir die MBA- en ander universiteitstudente.  

Hierdie suksesvolle besigheidsman is met Rolene Strauss, 'n voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, getroud. Die glanspaartjie het twee pragtige kinders, en woon tans in die Wes-Kaap. 

Hy is van kleintyd al oortuig daarvan dat rykmense slimmer of meer toegerus was as normale mense. Op 'n dag het 'n toevallige ontmoeting met 'n biljoenêr hom laat besef dat hulle net "doodgewone mense" is. Die is verskil is dat hulle "bo die lyn" dink. Hulle het die ingesteldheid van 'n biljoenêr.  

Strauss het onlangs, op grond hiervan, sy eerste boek geskryf wat poog om ander mense te help sukses bereik. 

In 'Dink Soos 'n Miljardêr' deel Strauss sy geheime tot sukses deel. Alles van  hoe om toegang tot kapitaal te verkry, die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry. 

"Ek is nog nie 'n miljardêr nie, ek word nog daaraan. Ons vat ons geld, en belê dit in ander besighede. Dit hang af watter tipe besigheid dit. Dit hang ook af van die vermoë van die entrepreneur."

"As jy kan dink soos 'n miljardêr, kan jy een word. Dit hang alles af van hoe jy dink." 

Maar hoe word jy 'n suksesvolle entrepreneur? Daniel Strauss deel wenke. 

  • Doen goed navoring. 
  • Vind 'n probleem, help iemand daarmee en maak 'n besigheid daarvan.
  • Bemark die produk of besigheid.
  • Gaan na 'n ander entrepreneur en verkoop aandele aan hom of haar. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

FOTO: Verskaf/ Daniel Strauss

Show's Stories