FOTO'S: 'Die Boekklub' se Pietie Beyers is verloof!

FOTO'S: 'Die Boekklub' se Pietie Beyers is verloof!

Gewilde akteur, Pietie Beyers het Vrydag die opwindende nuus op sosiale media gedeel. 

Pietie Beyers
Instagram/ Pietie Beyers

Die geliefde akteur, Pietie Beyers, wat tans te sien is in die kykNET-dramareeks, 'Die Boekklub' as John, het Vrydag verloof geraak. 

Beyers het verloof geraak aan die beeldskone aktrise, Anneke Weidemann.

FOTO'S: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins vier Valentynsdag in Zanzibar

Die paartjie is al vyf jaar saam en op Vrydag het Beyers die opwindende nuus gedeel dat hulle verloof is. 

Beyers het pragtige foto's op Instagram gedeel.

"Twee weke na ons ontmoet het (5 jaar gelede), het ek hierdie aan myself gemail: Alles tot en met verliefdheid, besef ek nou, is selfvoorbereiding en onwetende vertroue. Ek sal tot die einde van ons fisiese bestaan, woorde soek vir jou onbeskryflikheid," het Beyers geskryf.

Veels geluk, Pietie en Anneke!

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto's: Instagram/ Pietie Beyers

Show's Stories