FOTO'S: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins vier Valentynsdag in Zanzibar
Updated | By Scenic Drive With Rian
'Boer Soek 'n Vrou' se aanbieder, Marciel Hopkins het Valentynsdag saam haar verloofde, Handré Lourens op 'n eksotiese eiland gevier.

Internasionale model en TV-aanbieder, Marciel Hopkins het Valentynsdag saam haar verloofde, Handré Lourens op 'n eksotiese eiland gevier in Zanzibar.
In 2020, het die paartjie die eksotiese vakansie beplan, maar as gevolg van COVID-19 moes hulle dit uitstel.
FOTO'S: 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder Marciel Hopkins is verloof
Die nuwe 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en Handré het toe besluit om die vakansie in die maand van liefde te geniet.

"Dit het so goed uitgewerk dat ons Saterdagaand in Zanzibar geland het, en wakker geword het op Valentynsdag."
Hopkins vier ook hierdie Woensdag haar verjaarsdag, en het verklap dat alles perfek uitgewerk het.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins binnekort in fliek met Leandie du Randt
"Ons moes 72-uur voor die tyd 'n negatiewe COVID-19 toets hê. En dan moet ons ook in Zanzibar getoets word voor ons kan terug vlieg Suid-Afrika toe."

"Ons verken die eiland en doen al die aktiwiteite," het Hopkins bygevoeg.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto's Krediet: Verskaf/ Marciel Hopkins
Show's Stories
-
Woman shows us her talent that involve tongs
When you approach things with a multipurpose mindset, you begin to see o...
The Workzone with Alex Jay 19 hours ago -
Weekend fun awaits at Tres Jolie Restaurant and Party Venue
Enjoy a weekend of family fun with carnival rides, pony rides, and a jum...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 19 hours ago