Willem Botha se nuwe enkelsnit 'Een Shot' is hier en 'n moet-kyk
Updated | By Scenic Drive With Rian
Twee jaar sedert sy treffer, 'Soen & Vergeet' ranglyste regoor die land aan die gons gehad het, is Willem Botha terug met ‘n splinternuwe enkelsnit met hope skop!

'Een Shot' is beslis dié partytjieliedjie van die jaar. Die treffer sal sonder twyfel elkeen wat jonk van gees is op die dansvloer kry en hou – hetsy langarm of losdans jou ding is!
LEES OOK: Dewald Wasserfall bring hulde aan oorlede ma in nuwe musiekvideo
'Een Shot' maak dit duidelik dat dit net een shot vat om die aand te begin! So maak seker hierdie enkelsnit is op jou playlist vir die volgende braai, kuier, roadtrip of somervakansie.
View this post on InstagramA post shared by Willem Botha (@willembotha) on
Willem Botha is ‘n plaasseun van Riversdal en kuier graag saam met goeie vriende om ‘n braaivleis vuur. Dis juis hier waar die idee vir die enkelsnit, Een Shot ontstaan het. Partykeer vat dit net daardie Een Shot om jou te laat ontspan en die aand te geniet.
'Een Shot' is beslis ‘n móét vir jou playlist vir elke kuier hierdie lente en somer! Nou beskikbaar op alle digitale platforms.
KYK HIER NA DIE MUSIEKVIDEO
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 2 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 2 hours ago