Elana Afrika-Bredenkamp speel in sterbelaaide kykNET-storiefilm, 'Kantlyn'

Elana Afrika-Bredenkamp speel in sterbelaaide kykNET-storiefilm, 'Kantlyn'

'Kantlyn' fokus op ouers wat hul bulletjies van die kantlyn aanpor by ’n rugbywedstryd vir knikkertjies. Kyk die lokprent hieronder!

elana on set kantlyn
Oscar Petersen, Roeline Daneel, Elana Afrika-Bredenkamp en Beer Adriaanse / Instgram.

Die akteurs, Martelize Kolver, Jill Levenberg, Roeline Daneel, Albert Maritz en Beer Adriaanse is ook te sien in die komediese prent wat op 5 Januarie om 20:00 op kykNET vertoon word.

LEES OOK: Elana Afrika-Bredenkamp and Pedro Kruger on creating wholesome content for children

Jacaranda FM se Elana Afrika-Bredenkamp is geen vreemdeling op die kassie nie, die bekroonde media persoonlikheid het al in talle TV-reekse en flieks haar lyf akteur gehou: 'Jimmy in Pienk' (2013), 'Hollywood in my Huis' (2014), 'Footskating 101' (2007) en die gewilde kykNET-reeks, 'Fynskrif'.

Op 5 Januarie om 20:00 maak sy haar verksynsel op die nuwe kykNET film, 'Kantlyn'. Dié komedie handel oor ‘n groep ouers wat tydens ‘n bulletjierugbyspel langs die veld soos kinders te kere gaan.

kantlyn poster
Verskaf.

"Om met Suidooster Films te werk, was soos 'n droom. My regisseur, Dian Weys is uitstaande! Die res van die rolverdeling was wêreldklas!! My karakter, Refilwe is een vir die boeke. Sys bitsig en altyd op haar foon. 'n Eiendomsagent en die betse... haar man word deur Laudo Liebenberg gespeel," vertel Elana oor die projek.

Kyk die lokprent hieronder:

Kantlyn speel Dinsdag, 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Show's Stories