VIDEO: Elana Afrika-Bredenkamp lees 'Stampie Dinosourus'-kinderboek
Updated | By Jacaranda FM
Is jy opsoek na verskillende maniere om jou kinders te vermaak oor die volgende drie weke? Elana is hier om te help!

Vanaf Donderdagaand 26 Maart gaan Suid-Afrikaners se lewens drasties verander.
LEES OOK: Elana Afrika-Bredenkamp reads 'The Tortoise and The Hare' for your kids
Hierdie kom na president Cyril Ramaphosa Dinsdagaand 'n drie week-lange nasionale staat van inperking in plek gestel het om die verspreiding van die dodelike Coronavirus hok te slaan.
Die nuwe maatreëls beteken dat daar geen buitemuurse aktiwiteite soos sport, speelafsprake of flieks gaan wees nie. Vir baie ouers is hierdie 'n ideale tyd om met hul kinders te spandeer.
Maar om by die huis te sit met die kinders hoef nie vervelig te wees nie - Elana Afrika-Bredenkamp is hier om te help.
Sy het onlangs een van haar dogters se gunstelling boeke herontdek en dit weer vir hulle begin gelees. Dis nou nagenoeg 'n week later en Elana het besluit om 'n lekker Afrikaanse gunstelling hierdie week aan haar dogters te lees.
Wat 'n lekker manier om tyd met jou kinders te spandeer.
Kyk na Elana se voorlesing van 'Stampie Dinosourus' hier:
Show's Stories
-
Silicone finger and toe trend divides the internet
This is not only freaky, but super weird and scary to think that people ...
The Workzone with Alex Jay 43 minutes ago -
JHB content creator visits KZN to try Zulu delicacy
Social media users are excited to see content creators incorporating cul...
The Workzone with Alex Jay an hour ago