Ghoema Musiektoekennings 2014

Ghoema Musiektoekennings 2014

Op Sondag 13 April 2014 sal die ganse vermaakwereld by Carnival City se Big Top Arena bymekaar kom om te sien wie vanjaar uitsonderlik presteer het in die Afrikaanse musiekbedryf.

ghoema 2014.jpg
Kunstenaars word in 25 verskillende afdelings vereer en tydens hierdie spoggeleentheid, is daar een doel voor oe – om ons taal en ons musiek te vier.
 
Die toekenningsaand beloof om asemrowend te wees met optredes deur Elvis Blue, Kurt Darren, Riana Nel, Joshua na die Reen, Corlea Botha, Jay, Joe Foster, en Burgert Botha.
 
Kaartjies vir GHOEMA 2014 beskikbaar by Computicket, so maak seker jy bespreek jou sitplek vir hierdie glans-geleentheid.

Show's Stories