Wen 'n Faan Se Trein geskenkpak

Wen 'n Faan Se Trein geskenkpak

Wen Faan se Trein op DVD, asook ‘n Clover geskenkpak ter waarde van R1 200

fst-dvd-packshot-full.jpg
Faan se Trein is nou beskikbaar op DVD. Die storie speel af in die laat vyftiger jare en handel oor ‘n doodgewone middeljarige man, in ‘n klein Karoo dorpie.
 
Hy het nooit verder as ‘n jong kind se eenvoud en onskuld ontwikkel nie. Toe sy pa oorlede is, het hy al sy besittings opgedeel tussen Faan en die kerk. Gierigheid veroorsaak onmiddellik onmin binne die gemeenskap, totdat liefde hulle weer tot hulle sinne bring. Hierdie is 'n ikoniese verhaal wat jou laat lag en huil op dieselfde tyd. 
 
Met Marius Weyers, Deon Lotz, Nicola Hanekom en Willie Esterhuizen in die rolverdeling, het Faan Se Trein nege Kyknet Silverskerm Fees Toekennings ontvang, insluitende beste rolprent toekenning en beste akteur toekenning vir Willie Esterhuizen.
 

 
Die DVD is nou beskikbaar by uitgesoekte kleinhandelaars insluitende die volgende:
Musica
CNA
Look n Listen
Makro
Pick n Pay
Game
Shoprite/Checkers
 
As jy een van die vyf pryse wil wen bestaande uit ‘n kopie van die DVD, asook ‘n Clover geskenkpak ter waarde van R1 200, beantwoord die volgende maklike vraag korrek:
 
Watter akteur speel die rol van Faan in die film? Kommentaar hieronder.
 
Kompetisie sluit Vrydag, 23 Mei.

 

Show's Stories