‘Donkerbos’-aktrise neem baba aan
Updated | By Etienne Bruwer
Suid-Afrikaanse aktrise Erica Wessels het in Desember 2022 aangekondig dat sy en haar man beplan om ‘n baba aan te neem.

In ‘n onderhoud met Huisgenoot, aan die einde van 2022, het die aktrise Erica Wessels aangekondig dat sy en haar man in die proses is om ‘n baba te neem.
Die paar was reeds “paper pregnant,” maar moes steeds ‘n tydjie wag voor hulle die nuwe gesinslid kon ontmoet.
KYK: Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' seisoen 15
Die ‘Alles Wat Mal Is’-aktrise het Woensdag ‘n plasing op Instagram gedeel wat aankondig het dat die proses uiteindelik finaal is.
“En vir die laaste aand, is dit net ons drie,” het die die aktrise op Instagram gesê saam met ‘n foto van haar, haar man en hulle driejarige dogter.
Volgens Huisgenoot, was dit glad nie 'n moeilike besluit vir haar en haar man om 'n kind aan te neem nie.
“Ons het al daaroor gepraat voor ons getrou het,” het sy aan Huisgenoot gesê.
Die proses was ook 'n makliker opsie aangesien Wessels reeds gesukkel het met onvrugbaarheid – iets waaroor sy openlik praat.
LEES: 'Housewife' se luukse wildsplaas te koop vir R18-miljoen
“Ons wou altyd aanneem, maar die feit dat ons nie kon swanger raak nie, het die proses konkreet gemaak.”
Volgens Wessels, kon sy nie wag dat die twee sussies mekaar ontmoet nie.
Sy wou juis seker maak dat die nuwe gesinslid kom terwyl haar dogter, Stella, drie-jaar-oud is sodat die ouderdomsverskil nie te groot is nie.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER BY JACARANDA FM
Show's Stories
-
LOOK: SA gaming studio releases new "Tomb Raider"-style game
What do you get when you combine adventure, elaborate heists and Robin H...
The Drive with Rob & Roz 5 minutes ago -
WATCH: SA reacts to US woman finding "ugly" city
Do you agree with what she found?
The Drive with Rob & Roz 25 minutes ago