Hoërskool Waterkloof vier nuwe skooljaar op Breakfast with Martin Bester

Hoërskool Waterkloof vier nuwe skooljaar op Breakfast with Martin Bester

Twee onderhoofleiers van Hoërskool Waterkloof in Pretoria het Woensdag saam Breakfast with Martin Bester gekuier om die nuwe skooljaar af te skop!

Hoërskool Waterkloof
Jacaranda FM

Om die nuwe skooljaar af te skop het Dale Arlow en Kayla Lansberg, onderhoofleiers by Hoërskool Waterkloof, saam die Breakfast with Martin Bester span gekuier. 

Arlow en Lansberg het meer gedeel oor die nuwe skooljaar wat voorlê asook van die grootse dinge warvoor hulle uitsien. 

KYK: Martin Bester 'kook en klets' in die Maroela Media-kombuis

Volgens Arlow, het die Pretoria hoërskool meer as 500 nuwelinge verwelkom wat dit die grootste Afrikaanse-skool in die wêreld maak. 

Lansberg het ook meer gedeel oor die skool se tema vir 2023 - 'Liefdes Generasie'. 

"Ons het net besluit, weet jy wat, ons moet meer omgee en liefde wys," sê Lansberg. 

LEES: Amor Vittone gesels oor haar 'fantastiese' nuwe liefde

Die paar het ook deelgeneem aan die Morning Family Quiz op Breakfast with Martin Bester. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories