KYK: Bok Faf de Klerk word pa!

KYK: Bok Faf de Klerk word pa!

Springbok Faf de Klerk en sy vrou Miné de Klerk het Dinsdag die goeie nuus op sosiale media gedeel.

FAF EN MINE HOSPITAAL
Instagram/ Screenshot

Een van Suid-Afrika se mees geliefde Springbok-spelers het uiteindelik pa geword.

Springbok-krumskakel, Faf de Klerk en sy vrou Miné de Klerk het Dinsdag foto's op Instagram gedeel om die geboorte van hulle eerste pienkvoet te vier.

LEES: Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba

Die paartjie het pragtige foto's vanuit die hospitaal gedeel waar onder andere Miné vir Remi-Ré De Klerk vashou, tewryl die trotse pa breed glimlag.

Kyk hier:

Talle gelukwense het vir die paartjie ingestroom.

"Lekker guys! Baie geluk," skryf sanger Francois van Coke.

UFC-kampioen, Dricus du Plessis het ook geskryf, "Baie, baie geluk julle!!"

Selfs Marise Pollard, wie onlangs die geslag van haar eie baba gedeel het, het die paartjie geluk gewens: "Yeayyyy, kan nie wag om haar te ontmoet nie."

Vanaf die Springbokke die Rugbywêreldbeker gewen het, het een-na-die-ander ook die opwindende nuus gedeel dat hulle klein pienkvoetjies verwag.

Eers het Springbok-slot Eben Etzebeth die goeie nuus op sosiale media gedeel.

EERSTE FOTO: Springbok Eben Etzebeth en vrou verwelkom baba

Daarna het Handré Pollard, Malcom Marx en selfs oud-springbok Herschel Jantjies aangekondig dat hulle ook pa's gaan word.

Die goeie nuus vir die Springbok-spelers het nie daar gestop nie, aangesien Willie le Roux laasjaar ook sy verlowing gevier het en Damian de Allende uiteindelik die knoop deur gehak het.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories