KYK: Hartbeespoort kry 'hoogste Kersboom' in Afrika
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die 'Baken van Hoop' is nie net die hoogste Kersboom in Suid-Afrika nie, maar ook in Afrika.

'n Kersboom wat meer as 38-meter hoog staan is onlangs in Hartbeespoort in Noordwes opgerig.
Volgens Netwerk 24 is daar 'n Bethlehem-ster op die bopunt van die enorme Kersboom wat 3m hoog is. Die boom is ook omring met Kersliggies wat langer as 5000m strek.

Die boom is deur GST, 'n ingenieursmaatskappy wat toerusting vir die mynbedryf vervaardig, opgerig.
KYK: Kurt Darren sê 'Hulle Weet Nie Wat Ons Weet Nie' met nuwe enkelsnit
Dit staan tans by die besigheid se hoofkantoor in Hartbeespoort.
Netwerk 24 berig dat die 'Baken van Hoop’ (Beacon of Hope) Vrydag vir die eerste keer by GST se hoofkantoor aangeskakel is.
Walter Gähler van GST se bemarkinsafdeling het gesê dat hulle oorspronklik die die hoogste Kersboom in Suid-Afrika wou oprig, maar in díe proses het die 'Baken van Hoop’ die hoogste boom in Afrika geword.

Maroela Media berig dat die naashoogste Kersboom (17.5m) in Suid-Afrika by die Oceans-winkelsentrum in KwaZulu-Natal is.
KYK: Demi Lee Moore deel opwindende nuwe musiek
In Afrika is daar ook die bekende Coca-Cola boom in Lagos, Nigerië wat 33m hoog staan.
Die 'Baken van Hoop' is op die hoek van die R512 en die N4 afrit in Hartbeespoort te sien.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Only in SA: Seatbelt buckle becomes home security measure
Ah, South Africa, you always amaze us with your ingenuity...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
This cardboard car looks like a Lamborghini
A talented guy has taken arts and crafts to a new level with his cardboa...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago