KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss deel geslag van baba

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss deel geslag van baba

Dr. Rolene Strauss het uiteindelik die geslag van haar nuwe baba gedeel!

Rolene Strauss Alleen
Instagram/ Screenshot

Vanaf Mej. Wêreld Rolene Strauss in Oktober 2023 aangekondig het dat sy weer swanger is, wag Suid-Afrikaners in afwagting om uit te vind wat die geslag van die nuwe baba is.

Die mediese dokter en entrepreneur het onlangs volgelinge op sosiale media geterg oor die geslag van haar baba.

KYK: Nóg 'n Bokbaba is op pad

Op 'n Instagram-plasing het Dr. Strauss 'n video gedeel waar sy verskeie "ouvrou-stories" volg om te bepaal of die nuwe baba 'n seun of 'n dogter gaan wees.

Byvoorbeeld as jy smag na soet goed dra jy 'n meisie en as jy smag na sout is dit 'n seuntjie. Of wanneer jou hare dun word is dit 'n babadogter en as jou hare vol bly verwag jy 'n babaseun. 

In die video, stap Strauss ewe veel na albei kante toe, maar Instagram-verbruikers wat op die video kommentaar gedeel het, was steeds oortuig dat sy hierdie keer 'n babadogter verwag.

Maar, die wag is nou verby!

KYK: Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba

Strauss het Maandag die geslag van haar en haar man D'Niel Strauss se nuwe pienkvoet bekend gemaak op 'n Instagram video.  

Kyk hier:

"Gesonde, gelukkige, groeiende babaseun," het sy op Instagram gekryf. 

Baie geluk aan die glanspaar met hulle nuwe babaseun. Dit is Rolene en D'Niel se derde kind saam.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories