KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verklap groot nuus!

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verklap groot nuus!

Die voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss, het Donderdag opwindende nuus op sosiale media gedeel!

Rolene Strauss Alleen
Instagram/ Screenshot

"Die derde een groei so vinning," het voormalige Mej. Wêreld, Rolene Straus, Donderdag op 'n Instagram-storie geskryf saam 'n foto waar sy trots met haar maag spog.

Pregnant Rolene Strauss
Instagram/ Screenshot

Die beeldskone dokter het die opwindende nuus dat sy en haar man, D'Niel Strauss, hulle derde kind verwag op Instagram gedeel . 

KYK: Só werk nuwe kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug'

Behalwe vir die reeks Instagram-stories wat Strauss gedeel het, het sy ook 'n oulike video gedeel om die nuus aan te kondig. 

In die video het een van Strauss se twee seuns 'n foto van klein "baba Strauss" geteken. 

"Te veel liefde om te hanteer. Dankie Jesus. PS: Hoe oulik is die klein outjie se tekening," het Strauss op die plasing geskryf.

Kyk hier:

Mej. Wêreld, mediese dokter, entrepreneur, vrou en ma. Hoe kry sy dit reg? 

KYK: Bekende 'Binnelanders'-akteur verloof

Op Vrydag 27 Oktober by The Maslow Hotel in Pretoria, deel Strauss haar sukses-storie. 

Koop jou kaartjies vir die MANCOSA Jacaranda FM Business Breakfast nóú! 

Jacaranda FM wens dat hierdie nuwe avontuur vir Rolene Strauss en haar gesin vol vreugde sal wees.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories