Ontmoet Suid-Afrika se 'Tarzan van George'

Ontmoet Suid-Afrika se 'Tarzan van George'

Kykers kan uitsien vir kykNET se nuwe reeks 'Tarzan van George' wat Sondag, 26 Februarie, om 20:00 op kykNET begin!

Tarzan van George
Supplied

DeWet du Toit het 'n droom vir die afgelope 12 jaar gekoester: om Tarzan op die groot skerm te speel.

Die meeste mense sal dit beskou as onmoontlik, maar DeWet het nooit opgegee nie en jaag steeds sy droom na. DeWet, van George in die Suid-Kaap, vervaardig video's vir sy YouTube-kanaal wat sowat 207 000 intekenaars het.

Hy het 'n ongelooflike 50 miljoen kykers gehad met sy vermaaklike 'Tarzan' kort-films, en hy doen alles in die hoop dat Hollywood hom sal raak sien en hom die volgende Tarzan maak.

KYK: Eben Etzebeth se vrou deel eerste troufoto's

Rian van Heerden, 'n bekende radio- en TV-aanbieder en vervaardiger van reekse soos 'Bolhuis', 'Die Siener' en 'Liefde Sonder Grense', het vir die eerste keer van DeWet gehoor in 2010 en hom as 'n gas op sy program 'Rian' gehad.

"Drie jaar gelede was ek in George en het 'n artikel oor hom in 'n plaaslike koerant gelees. Ek het weer kontak gemaak en hom gevra of ek 'n dokumentêre reeks oor hom kon maak," sê Rian. "Dit was harde werk om hom te oortuig. Hy is so gefokus op die word van Tarzan dat hy bang was hierdie projek mag sy aandag verdeel."

Dit was nie net DeWet nie wat oortuig moes word nie. Die Edgar Rice Burroughs Foundation, bewaarders van die kopiereg en handelsmerke van die oorlede skrywer van 'Tarzan', moes ook oortuig word dat 'n span van Suid-Afrika toegelaat kon word om hierdie ongelooflike verhaal te vertel.

LEES: Dr Phil groet na 21 jaar

Wat kan kykers verwag?

"Dit is 'n verhaal oor 'n man wat die bykans onmoontlike droom, droom," sê Rian. "DeWet gee nie op nie. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat so toegewyd is aan sy droom nie."

DeWet se tweelingbroer, Rudolf, is sy grootste ondersteuner en is saam met hom elke tree van die pad.

"DeWet se droom is ook Rudolf se droom," sê Rian. "Die Tarzan-reeks, en alles wat daarmee gepaard gaan, is steeds baie gewild wêreldwyd en vir ware ondersteuners gaan dit oor baie meer as net 'n held wat in 'n oerwoud woon. Vir hierdie ondersteuners is DeWet die essensie van hoekom hulle Tarzan liefhet."

KYK: Mel en Peet Viljoen vier huweliksherdenking

Die vyf episodes sal kyk na die geskiedenis van Tarzan deur die jare heen, en kykers sal DeWet se familie ontmoet.

Daar is 'n onderhoud met die akteur Neil Sandilands, wat 'n film met die Du Toit-broers gemaak het, en ons volg DeWet van George na Los Angeles waar hy Hollywood Boulevard besoek in sy Tarzan kostuum.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories